Stories

Charlie Miskruier

Charlie Miskruier wou nog altyd ‘n sokkerspeler wees, maar waar kry hy tog ‘n sokkerbal hier in die Bosveld?

Eendag loop hy deur die bos en sien ‘n groot hoop mis in die paadjie lê, in die middel daarvan lê daar ‘n perfekte ronde balletjie mis! Charlie weet sommer dadelik wat om te doen, hy duik in en rol dit uit. Uiteindelik ‘n sokkerbal. Hy roep al sy maters: “Kom, kom ek het ‘n sokkerbal gekry!” Hulle reël ook sommer dadelik ‘n groot wedstryd, en al die diere van die Bosveld kom kyk!

Charlie kies vir Mike mier om in sy span te wees, want hy is baie sterk, en vir Luke akkedis want hy is baie vinning. Gou het hy sy hele span vol met van die beste spelers in die Bosveld. Vandag se wedstryd is teen die apies en hulle is baie goed.

“Prrrrrrt!” blaas die fluitjie en die wedstryd begin. Charlie is baie opgewonde, sy span doen goed! Hulle is regtig goed, maar wat niemand agterkom nie is, dat soos hulle die bal heen en weer skop, klou daar meer en meer grond aan dit was, en dit word groter en grote. Dit is warm, en die son bak op die aarde, en die misbal neer.

Die spanne is nou gelykop. Daar is nog net ‘n minuut of twee oor. Charlie kry die bal, hy dribbel dit eers een kant toe en toe weer ander kant toe soos ‘n regte sokker ster. Die skare juig!

Charlie het die bal nou net waar hy dit wil hê. Hy skop! “Eina!” Skree hy en sy toon swel sommer dadelik op, maar die bal bly net daar lê! Dit is so hard soos klip! Die fluitjie blaas! Die wedstryd is verby. “Ageneeeee, Charlie!”

Arme Chalie is baie verleë! En toe begin die toeskouers lag! Die Bobbejane en seekoeie lag so hard hulle rol sommer op die grond rond en ou skilpad haak skoon binne in sy dop vas. Charlie kry so skaam hy probeer die misbal gryp en wegdra, maar dit is te swaar, hy kan dit skaars optel. Nou skater die diere, zebra verloor amper sy strepe.

Charlie draai om en begin dit stoot, hy hou dit vas met sy agterpote en stoot met sy voorpote, hy steun en hy kreun, en uiteindelik begin dit rol.

Hy kan nog steeds hoor hoe almal lag! Hy hou aan stoot, en stop net so nou en dan om so te draai om te sien of hy nog in die rigting van die groot maroela boom gaan. Na ure se harde werk is hy daar. Die sweet tap hom af. Hy stop en kyk rond, hy luister. Daar is niemand naby nie, en hy kan ook nie meer die ander diere hoor lag nie.

Charlie begin om ‘n gat te grawe, hy gaan die misbal so diep onder die grond begrawe dat niemand dit ooit weer sien nie. Hy grawe, pas die bal, grawe weer, pas die bal, sonder ophou! Nog bietjie aan die linkerkant en dan weer aan die regterkant.  Uiteindelik sak die misbal in die gat in.

Charlie begin net om die grond weer bo-oor te stoot om die gat toe te maak toe hoor hy iets! Hy kyk op en daar staan Tienkie! Tienkie is die mees gewildste miskruier in die Bosveld, en die mooiste ook!

“Hello Charlie! Wat maak jy?”

“Uh, uh, niks!” Sê Charlie en begin sommer weer bloos!

“Ag, kom nou Charlie, dit lyk nie vir my soos niks nie!”

Tienkie was nie by die wedstryd nie, sy het by haar ouma gaan kuier en is nou net oppad terug huis toe.

Charlie, moet vinning dink. “Ek begrawe die mis!” blaker hy uit.

“Hoekom?”

“Dit stink!”

“Maar ek ruik dan niks!”

“Ja, dit is omdat ek dit eers in die grond gerol het!”

“Dit is briljant!” Roep Tienkie uit.

“Uh, ek weet! Uh, hoekom?” sê Charlie verbaas.

“Charlie, kan jy nie sien nie, as ons die mis eers in die grond rol, dan word dit hard en droog aan die buite kant maar bly sag aan die binnekant. As ons dit dan begrawe kan ons dit so stoor vir kos en om ons eiers in te bêre. Die meerkatte sal dit ook nie kan kry nie want hulle sal dit nie kan ruik nie. Dit is briljant! Jy is briljant!”

Nou bloos Charlie eers. Hy wou maar eintlik net ‘n sokkerspeler gewees het!

Voor Charlie kan keer spring Tienkie op volle vaart daar weg. “Hi, julle! Julle! Kom kyk! Kom kyk vir Charlie! Kom kyk, kom kyk!”

Al die diere kom aan gehardloop. Almal praat gelyk: “Wat het jy nou weer aangevang?”

“Charlie, wat gaan aan?”

Charlie kan voel hoe hy alweer begin bloos. Hy kruip sommer onder die misbal in, binne in die gat.

Tienkie laat egter nie op haar wag nie. “Kom kyk, almal!”

“Charlie het ‘n manier gekry om ons kos en eiers vleilig te bewaar en te beskerm teen almal wat dit altyd wil steel! Hy is briljant! Hy is ‘n held!”

“Hoor, hoor, koor al die diere saam! Hoerraaaa vir Charlie!”

Charlie loer onder die misbal uit en glimlag skaam, terwyl hy sy seer toon in die grond boor.

“Ag, dit was niks!” sê hy, en Tienkie gee hom ‘n klapsoen op sy neus!

Subscribe to our Blog